MOSSELBAAI NUUS - Met Kersfees om die draai, sal Jannie Moolman en Petronel Baard op Sondag, 22 Desember, by die Mosselbaai NG Moedergemeente se kerksaal in Kerkstraat, vir die eerste keer 'n verhoog deel.
Vertoning
Kaartjies is R150 per persoon en die vertoning begin om 15:00 vir die ideale Sondagmiddag-kuier op Mosselbaai by een van die mooiste en mees historiese geboue van die dorp.
Quicket of kantoor
Besprekings kan by Quicket of by die NG Moederkerk-kantoor (044 691 2465) gedoen word.
Orkes
Verdere luister sal aan dié geleentheid verleen word met Franco Engelbrecht op klavier, Johan Engelbrecht op viool, perkussie en kitaar, en Cornél Engelbrecht en Lelané van der Merwe op die tjello.
Vir dié konsert is die orkes uitgebrei met toevoeging van Cornél. Die drie Engelbrecht's is pa, Johan, en sy twee seuns.Jannie Moolman
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’