MOSSELBAAI NUUS - Daar is heerlik saamgesing en gedans tydens die Do you remember-vertoning van Vernon Barnard in die Garden Route Casino se Bravo Lounge Saterdagaand. Nadat die jong man met die indrukwekkende stem, Chris Waltin, die regte stemming geskep het, het die legendariese Barnard se veelsydige vertoning begin.
Gou was daar 'n hele klomp mense op die dansvloer terwyl almal die nostalgiese liedjies saamgesing of geneurie het.
Thelma van Rensburg, 'n groot aanhanger van Vernon het die volgende op haar facebookblad geplaas:
"There was a Kind of Hush at Bravo Lounge last night, but Silence is Golden. Once Baby's Blue Jeans did the talking, we Dowa Diddied, Twisted and Shouted (right down to the floor and up again) and Jumping with Jack Flash was a gas. Matthew and Son were Under the Bridge of Troubled Water, but we just Let it Be and went to San Fransisco without flowers in our hair. I'm a Believer that Without You I'd never get through those Miss You Nights. Thanks for the memories Vernon Barnard."
Daar was gou 'n hele klomp mense op die dansvloer.
Jong plaaslike sanger, Chris Walden het ook 'n paar liedjies gesing.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'