MOSSELBAAI NUUS - Die GrootJol gaan die oujaar groet en die nuwe jaar met 'n knal afskop met 'n konsert vanaand, Saterdag, 30 Desember, in Hartenbos by die ATKV Amfiteater in Majubalaan en op 31 Desember in Stilbaai.
Hierdie konserte sal die perfekte manier wees om die nuwe jaar in te lei, met kunstenaars soos Ricus Nel, Riaan Benade, Dodo, Samantha Leonard, Jay, Appel, Karlien van Jaarsveld, en Bok van Blerk wat op die verhoog sal wees.
Daar sal ook tafels beskikbaar wees wat vooraf bespreek kan word. Die konserte sal ook 'n eksklusiewe Goue Sirkel-area hê vir almal wat op soek is na 'n premiumervaring.
Die organiseerders belowe 'n feeservaring wat almal sal betower. Hekke open 16:00 en die jol begin 18:00.
Bespreek kaartjies by Itickets.co.za.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’