MOSSELBAAI VERMAAK NUUS - "'n Algehele lieflike en opbeurende konsert…" is een van die baie positiewe terugvoer ontvang vir hierdie pragtig-saamgestelde uitvoering.
Drie bekende musikante van Kaapstad - Matthew Reid (klarinet), Cheryl de Havilland (tjello) en Tertia Visser-Downie (klavier) gaan, onder andere, Beethoven se populêre Gassenhauer Trio Opus 11; Saint-Saëns se liriese Die Swaan; 'n paar hartstogtelike tangos van Piazzola en uitbundige klezmer-musiek speel.
Hierdie program is al by verskeie geleenthede uitgevoer met oorweldigende positiewe terugvoer.
Dit vind plaas in die Dias Museum op Donderdag, 17 September om 19:30. Deure open om 18:30. Kaartjies - R110 vir lede van die Mosselbaai Kunstevereniging, R130 vir nie-lede en R30 vir skoliere, is verkrygbaar by die Espresso Spot (in die Dias Museum) van Maandae tot Vrydae tussen 09:00 en 15:00. Verdere inligting is by Abé Meintjes beskikbaar (083 268 3718).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'