MOSSELBAAI NUUS - Die JouNou Arts Foundation bied 'n indrukwekkende opvoering aan met Waves Radio FM90.1.
Hierdie radio drama, wat op Dinsdag, 28 November, by die Dias Museum plaasgevind het, werp lig op die sensitiewe onderwerp van seksuele mishandeling onder jong kinders en tieners, en meer spesifiek waar dit met die ma se medewete plaasvind.
Belangrike saak
Dié kunstige voorstelling het hiermee stem gegee aan 'n baie belangrike saak.
G-MINOR het die klank utstekend hanteer en heeltemal gratis verskaf.
Gratis
Die feit dat die toegang gratis was, het dit 'n toeganklike geleentheid vir bewusmaking gebied vir skole, geloofsinstansies en jeugklubs.
JouNou Arts Foundation is beskikbaar om dié boodskap verder gratis uit te dra.
Kontak gerus vir Bernard (064 508 5621) vir meer inligting.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus.’