MOSSELBAAI NUUS - Die Tarka Straatfees vind vanjaar weer vanaf 15-17 Desember in die Tarka-woonbuurt plaas. Hierdie fees vier vanjaar sy vyfde bestaansjaar en die gemeenskap sien daarna uit met groot verwagting.
Dit is 'n kunsgebaseerde gemeenskapsprojek wat erkening gee aan die Tarka-woonbuurt met sy ryk kulturele geskiedenis.
Die Tarka Straatfees het groot groei getoon en het die potensiaal om 'n selfs groter trekpleister vir toeriste na Mosselbaai te word.
Die fees het begin in 2013 as 'n straatpartyjie, maar het intussen ontwikkel tot 'n volwaardige fees wat bygewoon word deur duisende mense van Mosselbaai en naburige dorpe. Feesgangers kan hul vanjaar regmaak vir 'n aangename en onvergeetlike tyd in Tarka. Daar sal baie aktiwiteite wees vir oud en jonk.
Televisiepersoonlikhede en talle bekende kunstenaars sal teenwoordig wees.
Op Vrydag, 13 Oktober is daar 'n inligtingsessie in die Lutherse Kerksaal in Tarka. Lede van die publiek wat graag as vrywilligers wil deel wees van die fees word genooi om hierdie sessie by te woon. Vir die wat graag wil besigheid doen gedurende die fees, is daar stalletjies teen 'n bekostigbare prys beskikbaar.
Registrasie sluit die op 3 Desember en vorms kan verkry word by Cecily Juluis (082 814 4261) en kan ook verkry word by Karen Julies by die Craft Art Workshop in Markstraat Mosselbaai.
Navrae kan per e-pos gedoen word na tarkafees@gmail.com
Daar is ook 'n skakel op die Tarka Street Festival se facebookblad waar registrasievorms aanlyn verkry kan word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'