MOSSELBAAI NUUS - Mossel Bay’s Got Talent, tans in sy elfde jaar, het hierdie naweek Brandwag se top talent gaan uitsnuffel. Brandwag was slaggereed en het die organiseerders en beoordelaars met ‘n stampvol saal ingewag.
F.A.M. Makers Reloaded, Peter-Dimon en R.O.D het deurgedring na die semi-finaal.
Die volgende ronde oudisies is op Groot-Brakrivier op Vrydag, 13 Maart.
Die kompetisie is oop vir alle inwoners van Mosselbaai tussen 14 en 35 jaar oud. Registrasie is gratis. Inskrywings vind plaas op die dag van die oudisies by die bepaalde gemeenskapsaal vanaf 16:00 tot 18:30.
Teen 19:00 word die oudisies gehou.
Hier is die semi-finaliste saam met beoordelaars.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'