MOSSELBAAI NUUS - Anton Siebert (33), 'n passievolle opvoeder van Diaz Primêre Skool op Mosselbaai, is 'n finalis in die Mister Global South Africa 2024-kompetisie.
Siebert, wat al aan verskeie groot nasionale kompetisies deelgeneem en titels verower het soos, Mnr Suid-Afrika (2de prins) 2021/2022 en Mr Supranational naaswenner 2023, is gefokus om dié een huis toe te bring vir Mosselbaai en die mense.
Volgens Siebert is die groot rede waarom hy aan kompetisies soos dié deelneem, om 'n positiewe rolmodel vir die kinders en die gemeenskap te wees asook om 'n groter bewusmaking te doen vir 'n projek, Project Blessing Animal and Community Care, wat hy drie jaar gelede begin het.
Die finale gala-aand vir die Mister Global South Africa 2024-kompetisie vind op 3 Augustus by die Monte De Dios in Pretoria plaas. Die wenner van Mister Global South Africa 2024 sal Suid-Afrika later vanjaar in Thailand verteenwoordig waar die internasionale eindronde sal plaasvind.
Om vir Anton te stem, volg die volgende stappe: SMS Win MGSA13 na 47439. Elke SMS kos R3.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’