Johan Cilliers, hulle assosiaat, het in die tweede helfte van 2010 by hulle aangesluit, kort nadat Zac Bruwer, 'n kleuter van Mosselbaai ernstig beseer is toe 'n ysterhek op hom geval het. Die prokureurs samel jaarliks geld in vir die ACVV se kinderfonds, maar Natascha het voorgestel dat sy, met die samewerking van haar twee assosiate, betrokke wil raak by fondsinsamelingsprojekte vir Zac se stamseloorplanting in China.
Die sanggroep Romanz is vir 'n fondsinsamelingsprojek genader en 'n suksesvolle geleentheid het gevolg.
Daarna het 6 Snare se onlangse optrede gevolg. 6 Snare, bestaande uit Blacky Swart, Mathys Roets, Leon Ecroignard, Pieter Smit en Thean Kotze het sonder skroom hul samewerking aangebied. "Dit was 'n voorreg om deel te wees van die projek. Ons het behoorlik soos 'rocksterre' gevoel. Ons sal graag weer betrokke wil raak. Die Mosselbaaiers kan maar net laat weet!" sê Giep van Zyl, die 6 Snare se agent.
Ander Mosselbaaiers het ook hulp aangebied. So het verskeie haarsalonne gesamentlik besluit om met hierdie projek te help. Sewe verskillende Mosselbaaise haarsalonne het 'n haarmode-skou, geïnspireer deur gewilde musiekblyspele soos The Sound of Music, Annie, Grease, Hair, Bollywood, Moulin Rouge, Rocky Horror Show, Burlesque en Chicago aangebied.
Ongeveer 120 vrywilligers, bestaande uit plaaslike dansers en modelle, het deelgeneem. Die salonne het baie moeite gedoen en sommige het selfs hul besighede op die dag gesluit om hulle modelle se hare behoorlik te kon tooi, om nie eens te praat van die aande se geoefen aan choreografie nie. 'n Besonderse gees van kameraderie was tasbaar onder al die deelnemers.
Twee bekende sakemanne in Mosselbaai, wat self spog met lekker lang haarstyle, het vir groot vermaak gesorg toe hulle as deel van die 'Hair'-musiekblyspel op die verhoog verskyn het met die legendariese manshaarkappers, die Lauf-broers, wat kamtig hulle hare met snoeiskêre wou sny!
Die geleentheid is bo verwagting goed bygewoon deur 730 mense en die ongeveer 60 borge het 'n bydrae gelewer tot die uitmuntende sukses.
Die haarsalonne het onder mekaar gekompeteer om die meeste kaartjies te verkoop. Partners Haarsalon was die algehele wenners, met Zoë Hair kort op hul hakke.
Daar is ook verskeie items opgeveil, onder andere 'n pragtige kwilt gemaak deur die Bernina Quilt Club. Lorenze Fivaz van South Cape Coins het ook 'n donasie van R12 000 gemaak.
‘n Bedrag van R127 087 is ingesamel, terwyl die geleentheid waarby Gretha Wiid opgetree het in September vanjaar, R19 020 opgelewer het. Daar word egter nog R40 000 benodig teen Januarie 2012 voordat Zac weer vir stamselbehandeling na China kan gaan. Donasies kan inbetaal word by: ABSA, ZAC BRUWER HULPFONDS, 9250862146.
Die organiseerders en ander tydens die oorhandiging van die ingesamelde bedrag: (Agter van links na regs) Shadé Szucs (hoogste verkope), Benni Koorsen (eienaar Zoë Hair), Suzette Botha (skakelbeampte, Partners Haarsalon), Lynn Honiball (eienaar, Partners Haarsalon), Kerneels Meyer, Natascha Pretorius, Johan Cilliers (prokureurs). (Voor van links na regs): Judy Barnard (kwilt-koper, wat dit weer aan Zac geskenk het), Isabel Geldenhuys (kwiltmaker), Lorena Bruwer met Zac, Lorence Fivaz (South Cape Coins), Celeste Huisamen.
.jpg)

Foto's: Euvard Louw