Die fees vind plaas van 29 Januarie tot 1 Februarie en daar word reeds fluks gevorder met die reëlings, wat deur die munisipaliteit gekoördineer word as ‘n projek om die dorp te bemark en die plaaslike ekonomie te stimuleer.
Die Santoskaravaanpark sal weer die feesterrein wees.
Daar was vanjaar prysgeld van R10 000 vir die beste skolevlot en dit word beoog om volgende jaar ook prysgeld vir ander vlotte beskikbaar te stel. Optogte per voet is ook welkom.
Belangstellendes wat meer inligting oor deelname aan die straatparade wil hê, kan vir Gordi Smit by die munisipaliteit by 044 606 5089 bel of stuur 'n e-pos na bsmit@mosselbay.gov.za.
.jpg)
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'