MOSSELBAAI NUUS - Heart of Worship is in volle swang met die aanbied van hulle jongste geleentheid, 'n saamsingmiddag op Sondag, 24 April.
Die geleentheid vind om 15:30 plaas by die Lighthouse Assembly of God-kerk, Uitbreiding 13.
Verskeie gaste neem aan die program deel, wat insluit predikante van Albertinia, George en Mosselbaai, asook radio-persoonlikhede betrokke by Heartbeat FM.
Toegang is R50 vir volwassenes en R20 vir kinders. Kinders onder agt jaar oud, kry gratis toegang.
Vir meer inligting, skakel 062 952 4739 of 074 543 5825.
Eshley Jesias (middel voor) en die Heart of Worship-groep.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'