Gallery
MOSSELBAAI VERMAAK-NUUS - Die Underdog-sangkompetisie, aangebied deur Maverix Musiek in samewerking met die ATKV Hartenbos, het groot belangstelling landwyd ontlok. Deelnemers van sover as die spogbuurt Sandton in Johannesburg, Gauteng tot in Durban het kom aanspraak maak op die pryse ter waarde van R56 000.
Uit die talle inskrywings is daar uiteindelik 'n top 25 gekies. Die finaal vind plaas op 1 Desember om 19:00 by die Na Donker Skoffelskuur, Hartenbos Seefront.
Die top 25 is: Arisia Griffin, Michelle Carstens, Janine Fourie, Juandre Barnard, Hannelie Khoury, Magnus Neveling, Brenche Loubser, Elize-Mari Beck, Leani Jordaan, Chriszelda Steyn, Amor Coetzee, Zane Joubert, Gerhard Pace, Antionette Snyders, Tallulah Janson, Ivy-Ann May, Mariena Stander, Marius Landman, Charne Snyman, Dihandri Groenewoud, Johanne Henning, Dane Prins, Donne Coetzee, Aldruwano Baardman en Wihan Esterhuyze.
Kontak die organiseerders, Alicia en Kobus (064 307 8542) vir meer besonderhede.
Kaartjies kos R50 om die geleentheid by te woon.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'