Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO'S - Jakkie Louw het verlede naweek tydens die Garden Route 4x4 Expo and Outdoor Show omtrent die gehoor op hulle voete gehad met sy treffer “Drie Pikkewyne”.
Mosselbaaiers is gewoonlik gaande oor enige liedjie waarin hulle geliefde dorp die kollig steel net soos Louw se optrede weer eens bewys het.
Early B is ook met ope arms ontvang, veral deur een van die Tuinroete se glansoumas, Aunt Ethel. Sy kon tydens die gewilde kletsrymer se uitvoer van sy treffer Ben Ten nie haar hande van hom afhou nie.
Aunt Ethel het verby die sekuriteit geglip en ‘n paar passies saam met ‘n verbaasde Early B uitgevoer, voor sy van die verhoog verwyder is.
Vryskutfotograaf vir die Mossel Bay Advertiser, Julian Scholtz het hierdie video en foto’s van die spektakel geneem.
VIDEO'S: Julian Scholtz
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'