Dit was ook Set Free Ministries se 15de verjaardag en ook die eerste jaar wat die Rocktober in die vorm van 'n 'rally' aangebied is.
Die eerste mense het reeds vroeg die Vrydagoggend opgedaag en tente opgeslaan vir die naweek se feesverrigting.
"Soos families en vriende begin inkom het, kon 'n mens die feestelike atmosfeer voel," sê past Chris van Rensburg van Set Free Ministries.
Die verrigtinge het die Vrydagaand afgeskop met 'n aanddiens in die hooftent, gepaardgaande met lofprysing en aanbidding, asook danse en 'n woord van past Chris.
Na die diens het almal lekker gesellig verkeer, elkeen om hulle vuurtjie met 'n stukkie vleisie en lekker geselskap. Saterdagoggend vroeg was almal op en wakker en lus vir die dag. Die kinders is in die 'Kids Tent' vermaak sodat die mamma's en pappa's ook lekker kon ontspan met die wete dat hulle kinders in goeie en veilige hande is.
Die vermaaklikheid en atmosfeer deur die dag was tasbaar en iets vir almal om te geniet, met kinders wat rondhardloop en speel, vriende wat saam kuier en gesels. Lekker vars pannekoek is deur die AGS Charisma gebak, terwyl die reuk van boerewors die lug gevul het.
Daar was ook ander stalletjies, D & A Bikes van George, IN THE GAP Clothing, ensovoorts.
Die 'mass ride' deur Hartenbos was kort, maar lekker en terug by die kampterrein het die Set Free Stunt Team die publiek vermaak met hulle waaghalsige toertjies met die vierwiel, asook die motorfietse. So 'n paar 'tyres is gepop' met rook en die reuk van rubber wat deur die lug trek.
Motorfietsryers kon ook hulle motorfietse inskryf vir die 'Councourse'. Daar was ook 'n hele paar mooi fietse wat uitgestal is en so 'n paar 'rat bikes' ook. Dit was ook 'n aantrekking vir die publiek om die motorfietse so te sien blink.
Soos elke jaar, was daar 'n Miss en Mr Rocktober 2012 gehou. Canada Joy Ely het hierdie vanjaar se titel as Miss Rocktober ingepalm, met Johan Russouw wat as Mr Rocktober 2012 aangewys is.
Die speletjies wat die middag gehou is was 'n wenner. Oud en jonk het deelgeneem en het baie pret gehad met speletjies soos driebeen-resies, eier-gooi, motorfiets 'slow race', toutrek, Taxi bike, Musical bikes, ensovoorts. Die twee speletjies wat egter uitgestaan het was die 'Spinning Bucket' waar mense gelê het soos hulle lag en die 'Scooter Sokker' waar motorfietse van 200cc en kleiner gebruik is om sokker te speel, terwyl elke ryer op sy motorfiets moet bly.
Met al die vermaaklikheid, speletjies en kompetiesies wat aangebied is, was daar talle aantreklike pryse vir almal. Die organiseerders bedank al hul borge vir die ondersteuning en sê, "Sonder julle sou Rocktober 2012 nie 'n sukses gewees het nie."
Borge
Die borge is: D & A Bikes, Diesel Elektries (George), Auto Zone (George), Tiger Wheel & Tyre, Palm Tyres, Fruit & Veg (Mossel Bay), McDonalds (Langeberg Mall), Geronemo Spur, Hartenbos Spur, AST Motorcycles, Flowers4u, Thunder Motorcycles, Signworx, Gilah Adi Photography, Buffelsdrift Game Reserve, Intercape, Blasters Family Entertainment Centre, Ulysses, Stanmar (George), Audio Trading, Midas (George), De Dekke Restaurant, Moss Bikes, Agri (George), Doortech, Quay Side Fishing Services, Sports Centre, Berco, George Geehives, Kleinbrak Elektries en Spar Groot-Brakrivier.
"'n Groot dankie gaan ook aan die ATKV en hulle span vir die terrein en vir alles wat julle vir ons gedoen het om van die naweek 'n sukses te maak."
"Ons will ook die publiek en almal bedank wat ons die naweek ondersteun het, ons hoop om volgende jaar groter te wees en meer mense te hê wat saam met ons hierdie naweek sal meemaak en geniet."
Vir meer inligting oor Rocktober Rally 2013, of Set Free Ministries kontak gerus vir past Chris of Barbie by 044 6966 964 of 082 773 9501 of info@setfree.co.za.

Set Free Stunt Riders in aksie.

Die jongspan is by die 'Kids Tent' vermaak.

'Spinning Bucket' was 'n treffer-speletjie.