TUINROETE DISTRIK VERMAAKNUUS - Die Mosselbaai Kunstevereniging is verheug om eindelik weer ’n konsert te kan aanbied en met niemand anders as die gewilde en beminde pianis Rocco de Villiers nie.
Hy gaan sy gunsteling stukke speel soos, onder andere, Chariots of Fire en Don’t cry for me Argentina.
Rocco het geen bekendstelling in hierdie land nodig nie maar wat min mense weet is dat hy die amptelike Kawai-ambassadeur in Suid-Afrika is.
Die Kunstevereniging se Kawai-klavier gaan weer lekker, vrolike klanke optower met Rocco aan die stuur van sake.
Die konsert vind op Woensdag, 10 Maart om 19:30 by die Dias Museum plaas. Deure open om 18:00. Kaartjies, teen R150 per persoon, is by Abé Meintjes beskikbaar (083 268 3718).
Jaarlikse ledegeld sal by die konsert hernubaar wees en 2021 lede kwalifiseer vir ’n afslag by konserte wat deur die vereniging gerëel word.
Die toepaslike Covid-19-voorsorgmaatreëls sal steeds geld. Die dra van maskers is verpligtend en sitplekke moet 1.5m weg van verskillende groepe wees. Slegs 100 sitplekke is beskikbaar.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'