MOSSELBAAI NUUS - Die skitterende pianis en verhoogkunstenaar Rocco de Villiers tree binnekort in Mosselbaai op. ArtSpace is verheug om hom te verwelkom met sy nuutste konsert, Music at the Movies.
Die gehoor kan uitsien na sy komiese vertellings oor ikoniese (en minder ikoniese!) rolprente en akteurs.
Chariots of Fire, Scent of a Woman, Dr Chivago, Downton Abbey, Pirates of the Carribean - en nog vele meer is op die program - alles bekende musiek wat ons ken, lief het, en graag na luister.
Baie opwindend is die nuus dat Rocco sy debuutdigbundel, Die Eiesoortiges, saambring en ons daarvan gaan vertel en hoe dit oor 40 jaar geskryf is. Die bundel sal by die konsert te koop wees.
Dit is ’n diep-persoonlik, komiese en ontroerende boek. Soos hy sê: “Elke mens is enig… ’n eiesoortige wese wat ander onverwags kan vermaak én verbyster.”
Die konsert vind om 19:30 op Donderdag, 16 Maart in die Klipkerk in Kerkstraat, Mosselbaai plaas. Deure open om18:30. Kaartjies is R160.
Kontak Abé Meintjes (083 268 3718) vir verdere inligting.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'