Die gedagte agter die konsep is daarop gemik om kuns na die gemeenskap te bring buite die formele strukture van ’n galery.
Kunstenaars van die kontrei het tydens die geleentheid die diversiteit van hul talente met die feesgangers gedeel.
Elke doek vertel ’n verhaal soos ervaar deur die oë van die kunstenaar. Elke besoeker het ook sy eie interpretasie en mening van hoe hul die kunswerk sien.
"Die konsep sal waarskynlik ’n gereelde verskyning in die Tuinroete word," het Lynda Jacobsen, koördineerder van die kunstenaars na die fees gesê.

Die 'Pop Up Art'-kunstenaars se kuns is buite die formele strukture van galerye bekendgestel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'