MOSSELBAAI NUUS - Pieter Koen, bekende TV-aanbieder van Kwêla en Jukebox is vanjaar te siene by die ATKV Skoffelskuur wanneer hy deelnaam aan vanjaar se Koppie vir Kansa-funksie (Cuppa for Cansa).
Die gasspreker tydens die geleentheid is Tania Smit. Smit is die skrywer van die boek, Hekelwoorde van my Hart en eienaar van 'n facebookblad met dieselfde titel.
Die geleentheid vind plaas op 3 Augustus om 10:00.
Kaartjies kos R130 en sluit eet- en drinkgoed in.
Vir meer inligting, kontak 082 803 0994 of stuur e-pos na athiart@cansa.org.za en/of Karen Phipson (044 601 7222) of stuur e-pos na KarenP@atkv.co.za
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'