MOSSELBAAI NUUS - Die bekende Siamo Musica-koor van Mosselbaai, tree op Sondag, 27 Mei om 18:00 in die NG Kerk, Groot-Brakrivier op.
Toegang is gratis. Volgens die koorleier, Francois le Roux, is die bedoeling om die gemeenskap te bedien met 'n liedereskat wat die Paasfees- en Pinkstergebeure in klank en woord weergee.
Die program sluit onder meer in liedere wat handel oor die profetiese vooruitsien, die lydenstyd, die kruisiging, hemelvaart en pinkster. Koorliedere soos Ave Verum van Mozart, Kyk die Heer het opgestaan, Bleib Bei Uns en Kom Heil'ge Gees sal voorafgegaan word deur 'n orrelvoorspel van die pastorale simfonie.
Die koorsang sal afgewissel word met voorlesings, gemeentesang en 'n bassolo met koorbegeleiding. Die Siamo Musica-koor bestaan reeds drie jaar en plaas spesiale klem op klankkwaliteit. Hulle tree gereeld op in kerke en by spesiale geleenthede.
Vir navrae kontak Francois (083 321 7120).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'