MOSSELBAAI VERMAAK NUUS - Die NG Kerk Reebok het op Vrydag, 14 Desember 'n orrelmarathon. Sover vasgestel kan word, is dit die eerste van sy soort, beslis in hierdie omgewing.
"Kom ervaar en geniet die geleentheid tussen 08:00 en 19:00 waar sewe orreliste 12 ure lank gaan speel.
Toegangsgeld deur die loop van die dag is slegs R10 wat koffie en tee insluit.
Daar is ook 'n feeskonsert vanaf 19:00 tot 20:00 deur Tinus Badenhorst.
Toegang vir hierdie spesiale feeskonsert is R30. Skakel gerus vir Hester (083 417 4002 of 044 696 6594) vir meer inligting.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'