Agt orkeste het mekaar die stryd aangesê, maar die Crusaders het hulle staal gewys deur plek te kry onder die top vier in elke afdeling.
Volgens Sydney Frans van die orkes, het veral die junior- en seniororkes uitgeblink. Van die nuwe lede het vir die eerste keer aan 'n kompetisie deelgeneem en het inderdaad hulle kant gebring.
Die orkes se volgende kompetisie vind plaas op Sondag, 24 Februarie in Ravens-mead, Kaapstad. Frans, bedank Steven's vir die verskaffing van die orkes se vervoer na die Paarl.
Hy het ook names die orkes sy medelye betoon aan een van die groep se geestelike leiers, Elizabeth van Aswegen, met die afsterwe van haar seun.
Die Mossel Bay Crusaders Christmas Band het uitgeblink tydens hulle eerste kompetisie van die nuwe seisoen. Volgens Sydney Frans is die orkes se dissipline op 'n standaard wat veral die jong lede aanspoor tot goeie prestasie.