Daar kan nie saamgestem word met die stelling dat die feesprogram of -formaat saai is nie. Die insluiting van rappers, die Mokka-produksie, die laservertoning vanjaar pleks van 'n vuurwerkvertoning en die groter klem op klassieke musiek is alles vernuwings, hoewel die formaat oor die laaste paar jaar baie suksesvol blyk te wees.
