MOSSELBAAI NUUS - Na 'n jaarlange beplanning, het die Mosselbaai Kunstevereniging 'n baie spesiale konsert gerëel wat net in Mosselbaai gaan plaasvind.
Op Donderdagaand, 14 Maart, gaan die Kaapse Franse-Kwartierkwartet, Ooh La La, die gehoor meevoer na die Eiffeltoring, die walle van die Seine en die trappe van Montmatre met 'n idilliese aand van Franse straatmusiek.
Die talentvolle en beminde Aviva Pelham het ingestem om die aand te laat sprankel met haar unieke stem.
Met Matthew Reid op klarinet en saksofoon, Kerryn Torrance op viool, André van Vuuren op die musette akkordeon en Brydon Bolton op die basviool, gaan werke van Edith Piaf, Jacques Brel, Michel Legrand, Domino en andere, vir groot opwinding sorg.
Die Kunstevereniging benodig akkommodasie vir die musikante en doen 'n beroep op die musiekgemeenskap om te help.
"As u 'n spaarslaapkamer het vir die aand van 14 Maart, laat ons asseblief weet." Kontak vir Jeanne Pienaar (082 979 6007).
Hierdie beloof om 'n gewilde konsert te wees en vooraf bespreking is noodsaaklik.
Kaartjies kan van Maandae tot Saterdae tussen 09:00 en 15:00 by The Espresso Spot, in die Dias Maritieme Museum gelëe, bekom word teen R110 vir lede van die Kunstevereniging en R130 vir nie-lede.
Musikante van die Kaapse Franse-Kwartierkwartet, Ooh La La, wat in Mosselbaai kom optree.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'