Sy optrede is deel van vanjaar se Vodacom George Kaasfees.
Joe het 'n huishoudelike naam geword met die liedjie, “A New Day”, geskryf en opgevoer vir die Suid-Afrikaanse film, "Faith like Potatoes".
In 2009 het sy lied “Glory to the King” sowat 340 000 eksemplare verkoop. Saam met Joe maak Kobus Muller ook sy buiging op die verhoog. Kobus het in 2007 SAUK 2 se Supersterre kompetisie gewen.
‘n Paar miljoen mense het vir hom gestem met liedjies soos “You Raise Me Up” en “Jerusalem”. Al hierdie kunstenaars tree gratis op in die Sportscentre Tent.
Nog een van die fees verrassings vanjaar gaan wees om Jeanne Els, vryskutjoernalis, skrywer, rubriekskrywer en wêreldreisiger, Saterdag 26 Julie om 10:00, in lewende lywe by die fees te sien en hoor.
Jeanne is bekend vir haar boek “Ligdans” waarin sy lesers inlig oor haar stryd teen depressie en inligting oor die siekte deel. Haar jongste werk heet “As die stroom jou vat: die raaisel van selfmoord”.
Bespreek jou plek vandag nog by Patricia, Outeniqua Laerskool, 044 873 2292 teen R40 per kaartjie.

'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein-Karoo nuus'