Talent Africa is 'n sy-vertakking van Talent America en is ses jaar gelede deur Melanie Ashcroft, Talent Africa se uitvoerende direkteur, na Suid-Afrika gebring om die jong kunstenaars dieselfde geleenthede te gee as in Amerika.
Die nasionale ronde het van 27 tot 30 Maart by die Promusica Teater in Roodepoort, Johannesburg plaasgevind. Die finale internasionale ronde van Talent America word gehou vanaf 9 - 16 Julie in New York.
Sterland Studio het die grootste aantal deelnemers van een afrigter wat deurgedring het en hiervoor het Miné van Schalkwyk van Sterland Drama Studio die toekenning vir Beste Afrigter ontvang, asook Beste Area-bestuurder vir werk vir Talent Africa in die Wes-Kaap.
Sterland se studente het met altesaam 1 dubbelgoud, 8 goue medaljes, 2 silwer en 2 brons medaljes teruggekom huis toe.
Tydens die nasionale prysuitdeling, het Antonet Vorster van George onder die Top 10 beste sangeresse geëindig, asook tweede plek vir algehele model in die 18-24 jarige afdeling. Nadia Muller het onder die Top Vyf beste akteurs geëindig en Eva Kritzas (albei van Sterland Drama Studio) het die toekenning vir die Beste Dramapersoonlikheid verwerf.
Die volgende streeksuitdunne sal in Stellenbosch en Mosselbaai plaasvind aan die einde van 2014, as voorbereiding vir Talent Africa se nasionale ronde van 2015.
Die toer na New York beloop 'n groot bedrag van rondom R55 000 per persoon en dus word borge benodig om hierdie leerders se drome te help realiser.
Enige persoon wat 'n student wil borg of 'n bydrae wil maak, kan Miné van Schalkwyk kontak by 082 500 2338.
Die studente van Sterland Studio en hulle afrigter, Miné van Schalkwyk, het besonder goed gevaar in die nasionale ronde van Talent Africa, wat in Maart in Johannesburg plaasgevind het. Hier is die Talent Africa Wes-Kaap span in hul baadjies, wat Delucia Swanepoel geborg het. Foto: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'