Nie net het Emo soos gewoonlik 'n voortreflike vertoning gelewer nie, maar talentvolle Mosselbaaiers het in die voorvertoning gewys wat in hulle steek.
Nadine Du Plessis se leerders het 'n unieke 'strike a pose' vertoning gele-wer, en vir hierdie groepie was die deelname aan 'n Emo Adams optrede 'n hoogtepunt.
Die Curro Privaat Skool, wat in samewerking met Extreme Functions vir die Emo Adams vertoning verantwoordelik was, se Marimba orkes het die gehoor se litte goed losgemaak, tot so 'n mate dat die gehoor vir nog nommertjies gevra het.
Die verrassing van die aand was egter toe Mosselbaai se waarnemende verkeershoof, Antoinette Snyders, verras het met nog een van haar vele talente deur een van haar eie komposisies te sing.
Hierdie optrede het deel gevorm van Eduard Hugo, eienaar van Xtreme Functions, se inisiatiewe om opkomende kunstenaars die geleentheid te bied hul talente uit te leef. Nie net kon hulle Emo Adams se vertoning voorgaan nie, maar die wenner is geleentheid gebied om 'n musiekvideo te wen, geborg deur PRE Productions.
Emo Adams het 'n verhoogpersoonlikheid wat maak dat oud en jonk omtrent hul ingeleef het in die vertoning. Die eie verwerkings van sangitems, rap en grappies wat deurgaans deur die kunstenaar gemaak is, het as 'n hoogtepunt van die jaar uitgestaan. Eie aan Emo Adams het hy na die vertoning rustig saam met sy aanhangers gekuier en vir foto's geposeer.

As deel van die voorvertoning, het Mosselbaai se waarnemende verkeershoof, Antoinette Snyders, 'n besondere vertolking van een van haar eie komposisie gelewer.
Foto's: Mariska Visagie
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai | Tuinroete nuus'