MOSSELBAAI NUUS - Die ATKV Hartenbos se Skoffelskuur was 'n miernes van bedrywigheid tydens die Gastehuis Gilde van Mosselbaai se handelskou waartydens 'n verskeidenheid interessante ondernemings wat dienste en produkte binne die gasvryheidsbedryf lewer, uitstallings gebied het. Dit is die derde jaar wat hierdie handelskou aangebied word.
"Met die nuwe jaar het ons gedink dit is 'n goeie tyd om nuwe besighede te nooi om aan die eienaars van gastehuise hul besighede voor te stel," sê Joy Cook van die Gastehuisgilde.
Vanjaar het die ATKV die handelskou wat in die Skoffelskuur aangebied is, geborg. Daar was 50 uitstallers waarvan selfs besighede vanaf Albertinia en George uitgestal het.
Meer as 30 uitstallers het die geleentheid besonders gemaak. Interessante dienste en produkte is uitgestal en uitstallers het hulle inspirerende stories gedeel. Heelparty van hulle was voorheen in 'n totaal ander bedryf elders in die land werksaam en het in Mosselbaai en omstreke 'n tweede loopbaan begin.
Bo en behalwe een tot een gesprekke, is daar ook insiggewende aanbiedings gelewer binne die Koswerf Restaurant waar besoekers meer oor dienste en produkte te wete kon kom.
Meer as 30 uitstallers wat 'n verskeidenheid dienste binne die gasvryheidsbedryf lewer het die handelskou 'n klinkende sukses gemaak.
Hierdie aanbiedings is onder meer gedoen deur Rosemary van Staden, die voorsitter van die nasionale akkommodasie van Suid-Afrika; die versekeringsmaatskappy, Brytesa. Swop n Stay, 'n maatskappy wat akkommodasie vir gastehuiseienaars op 'n uitruilskema beskikbaar stel, Frieda Henning was onder die aanbieders gewees. "Ons is in ons skik met die hoeveelheid besoekers vanjaar.
"Groot dank ook aan die Koswerf se personeel en in besonder Franscois Lategan, asook Gastaos en Bidfood. Auntie Ethel het ook die handelskou besoek, waaroor ons baie dankbaar is."
Fotograaf Riaan Jordaan en Aneli Gerber van Mosselbaai Toerisme saam met Aunt Ethel wat die handelskou terdeë as 'n genooide gas geniet het.
Salome Niemann van Mooiste Jy en voorsitter van Solidariteit Helpende Hand Mosselbaai, Marlise Labuscagne het hulle gate uit geniet. By hulle is spesiale gas, Aunt Ethel. Foto's: Grey Stopforth
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'