Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Plaaslike rock-groep, Van Konings se liedjie, Die strate loop leeg in Mosselbaai, wat in September verfilm is, is sedert die onlangse vrystelling van die voltooide musiekvideo, besonder goed ontvang.
Volgens die groep se liedjieskrywer en sanger, Leon van Rensburg, is die groep heel tevrede met die bykans 22 500 kyke wat die video gehad het sedert dit op 9 Oktober op Van Konings se facebookblad gelaai is.
Die video, soos Van Konings se ander, is deur George Herald-joernalis, Wessel van Heerden verfilm en geredigeer.
Tydens die verfilming is bekende landmerke in Mosselbaai besoek. Van Rensburg sê dat hulle veral kommentaar kry oor die inklusiewe aard van die video. Hy sê ook dat hulle al verskeie navrae gekry het vanaf radiostasies, wat graag die liedjie wil begin speel.
Kyk die video hieronder:
Lees 'n vorige artikel hier: Nuwe 'ode' gratis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'