Die orkes bestaan uit lede van die Mosselbaai, Brandwag, Sonskynvallei omgewings, waar kinders van 'n sewe-jarige ouderdom opgelei word om die trompet en saksofoon te speel.
Diegene wat belangstel om deel te word van die orkes, moet 'n lidmaatskap aansoek volledig voltooi en saam met 'n kopie van sy ID of geboorte sertifikaat ingee. Oefentye is Dinsdae en Donderdae om 18:30 - 19:30 by Valley Straat 476. Ouers kan verseker wees van kinders se veiligheid na en van oefeninge.
Die Mosselbaai Crusaders Kersfees Orkes Bestuur is baie trots op die leerders se vordering tot op hede.
Kontak die Musiek Direkteur, Heinie Cupido by 071 505 5156, of die Voorsitter, Sydney Frans by 082 546 1978. Almal is welkom om aan te sluit.
Tydens 'n kerk parade by die Lighthouse Assembly of God gemeente het die Mosselbaai Crusaders Kersfees Orkes ook opgetree.