MOSSELBAAI NUUS - Skaars sal die spreekwoordelike stof oor vanjaar se Buffalo Rally gaan lê het, of die volgende groot fees, die Mos Jazz-fees is op hande.
Vier dae van goeie musiek, heerlike kos en uithalervermaak sal vanaf Donderdag, 22 Maart tot en met Sondagaand, 25 Maart sorg vir ideale familievermaak.
Die eerste Mos Jazz-fees vind volgende naweek by die De Bakke/Santos-oord plaas met 23 vertonings wat werklik iets vir elke moontlike smaak sal opdis.
Die Mos Jazz-fees spruit uit die sukses van Jazz on the Rocks, wat aanvanklik in 2011 by Tietiesbaai naby Paternoster gehou is.
Sedertdien het daardie fees in gewildheid gegroei en word die Suid-Kapenaars nou ook die geleentheid gegee om goeie musiek en goeie gees vir 'n hele naweek lank te ervaar.
Die program sluit groot name in die vermaaklikheidsbedryf in, terwyl plaaslike gunstelinge ook te hore sal wees.
Program:
- Donderdag 17:00 – 01:00: Sole Individuals, N2, Karin Kortje, Dr Victor, DJ Rory
- Vrydag 17:00 – 01:00: Sequence Band, Airborne, Zami Mdingi, Rockets, Uncle Cal
- Saterdag 12:00 – 01:00: Signature SA, Ramon Alexander, G Minor, Jeodhouse, Jonathan Rubain, Judith Sephuma, Heart & Soul, Selwyn Bartlett
- Sondag 11:30 – 22:00: Ocean Breeze, Donveno Prins, Vuvu Khumalo, Cameron Ward, Alistair Izobell, Me Time
Kaartjies is beskikbaar by die Fork & Train Restaurant by Santosstrand.
Verskeie kaartjie-opsies is beskikbaar, met spesiale afslag vir pensionarisse en kinders.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'