Die ouers en onderwysers het hulle uitmuntend van hul taak gekwyt, deur die keurigste tafels met die allermooiste tafelgerei voor te sit. Heerlike vars broodjies, kolwyntjies en selfs ingelegde vrugteslaai is bedien. Daar was ook verskeie uitstallings van parfuum, die mooiste sketse en linne en die bekende reeks Herbalife produkte. Die dames het tougestaan vir heerlike vars koffie om die koue te verdryf voordat die verrigtinge begin het.
Seremoniemeester Denise Lloyd het almal baie gou op hulle gemak gehad en verskeie gelukkige prystrekkings is uitgedeel. Nicky Stears het die dames weer eens beindruk met haar pragtige stem en selfs Justin Bieber het 'n draai kom maak! Klein Nathan – daar wag nog 'n groot toekoms op jou! Dynamic Dance Studio se mammas het ons almal kom jaloers maak met hulle danspassies.
Uiteindelik was dit Lizz se beurt en die dames het geskater vir al die raak kwinkslae in haar sketse. Tog was daar ook 'n ondertoon van hartseer in sommige vertellings.
Kortom, almal teenwoordig het 'n heerlike "netwerk"-oggend beleef en 'n hele paar rand is vir Laerskool Hartenbos ingesamel!
Die ouers en onderwysers het hulle uitmuntend van hul taak gekwyt, deur die keurigste tafels met die allermooiste tafelgerei voor te sit.
ARTIKEL: TERSIA MARAIS