MOSSELBAAI VERMAAKNUUS - Verlede maand het kunstenaars saamgekom by ReedValley vir Pennies op die Spoor - 'n viering van die bekende liedjieskrywer Stef Kruger se bydrae tot Afrikaanse musiek, in eer van 100 jaar van Afrikaans.
Gehoorlede in 'n vol teater was dit eens dat dit 'n baie spesiale aand was, met besonderse, unieke stemme saam op die verhoog, en dat dié liedjieskrywer - wat meer as 400 liedjies in die Afrikaanse mark het - toepaslik vereer is.
Intussen vier Petronel Baard en haar 'n Blom in Elke Vrou-orkes Vrouemaand met 'n klein, ordentlike kuier: Liedere vir die Oer.
Vrydagaand 8 Augustus by OH HEY Café & Bakery sing hulle musiek wat hul oorsprong en liefde vir die "Oer" eer – van ons moedertaal tot die musiek wat hulle al vir jare inspireer.
Viool, tjello, kitaar, perkussie en klavier bring ligte, klassieke klanke wat betower, met Heimweë, Sterredak Heelal, Don't Cry for Me Argentina, Starry, Starry Night en meer.
Kaartjies sluit heerlike sop en vars brood in, met 'n kontantkroeg asook koffie en soetgebak te koop vir nagereg. Besprekings is noodsaaklik en kan gemaak word by Heloïse by 067 009 7050.
Die vertoning beloof om jou by te bly – vol lag, lig, liefde en pure plesier.
Stef Kruger en kunstenaars saam op die verhoog by ReedValley. Foto: Jorina Kriel
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’