Kurt Darren is die kaptein van Afrikaanse musiek en het meer toekennings vir beste liedjie van die jaar, vrystelling van die jaar en kunstenaar van die jaar, as wat meeste net van kan droom. Na 36 treffers, is dit tyd dat Kurt op toer gaan met hierdie treffers wat hom so geliefd gemaak het.
Hierdie vertoning beloof om Kurt Darren met 'n splinternuwe aanslag aan sy bewonderaars voor te stel. Uit die mond van sy bestuurder, Louis van Wyk van Music Profile Management, is Kurt baie opgewonde om vir die eerste keer op toer te gaan met 'n vyf-stuk orkes, asook vier talentvolle dansers.
Die vertoning sal gepak wees met treffers van begin tot einde, wat behoorlik die voete sal laat jeuk. Nuwe treffers soos 'Lekkerbekkie' en 'Somertreffer' sal ook gehoor word, saam met 'n heel paar ander verrassings.
Kaartjies wissel vanaf die eerste vyf rye, wat R150 per persoon is en R110 per kind onder 12 (bespreekte sitplekke), terwyl die res R120 per persoon is en R90 per kind onder 12 (onbespreekte sitplekke).
Kaartjies is te koop by:
- Mosselbaai Audiotrading, Marshstraat 5, Groot-Brakrivier, Braambos Speelskool, Langstraat.
- George: Big C Fashion Clothing, Checkers.
- Sentrum, York Straat, oorkant PW Botha Hoërskool.
- Skakel Yolande by 082 447 4075.