MOSSELBAAI NUUS - Die publiek, instansies en besighede word genooi om gasvrou/gasheer te wees by die Helpende Hand Fondsinsameling wat op Mosselbaai plaasvind.
Dit neem die vorm aan van 'n kuieroggend met Annelise de Jager as gasspreker. Bring agt vriende of kollegas en geniet die oggend saam.
De Jager gaan praat oor die vreugde, vrese en vrede van verhoudings en kommunikasie. Die doel van die oggend is om fondse in te samel vir kinders om verder te kan studeer.
Heelwat Suid-Kaap kinders word ook deur hierdie fonds gehelp. Die kuieroggend vind Saterdag, 11 Mei, vanaf 09:30 tot 12:30 in die Mosselbaai-stadsaal plaas. -
De Jager is bekend vir haar uitstekende leierskap, sakevaardighede, en innoverende idees. Sy inspireer en motiveer met die doel om langtermynverandering in die mense en groepe waarmee sy werk, te bewerkstellig.
Met vele toekennings is dit 'n geleentheid vir gesinne, netwerkvennote, besighede en almal in die kantoor, 'n moet om by te woon.
Niks is beter as goeie kommunikasie en verhoudings by die werk en by die huis.
Besighede is ook welkom om hul bemarkingsmateriaal saam te bring na die kuieroggend. Tydens die geleentheid gaan daar gelukkige trekkings en 'n veiling wees.
Die koste beloop R156 per persoon of R1 320 per tafel van agt persone. Bespreek jou kaartjies by Marlise (071 390 7766 of epos Weskaap@helpendehand.co.za).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’