MOSSELBAAI NUUS - Hillcrest Sekondêre Skool bied môremiddag, Saterdag 2 Junie 'n spoggerige geleentheid aan in die geselskap van bekende Idols-sanger Karin Kortjé.
Karin vertel haar lewensverhaal en sing 'n paar van haar liedjies. Daar is ook 'n fotosessie vir aanhangers.
Die geleentheid begin om 15:00 en word gehou in die D'Almeida-gemeenskapsaal.
Kaartjies is beskikbaar by personeellede van Hillcrest.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'