MOSSELBAAI VERMAAKNUUS - Francois en Elizabeth Fourie bied op 28 November 'n kuierkonsert aan, by die NG Moederkerk in Mosselbaai.
Hulle is bekend vir hulle goue treffer Wil jy dans Carina en beplan 'n heerlike verskeidenheidsprogram van ou bekende trefferliedjies, splinternuwe musiek, lekker vertellings asook 'n paar Kersliedere.
Francois en Elizabeth sing sedert hulle studentejare in Pretoria reeds saam en steel met sprankelende verhoogpersoonlikhede en tydlose musiek, oral die harte.
Hulle is gereeld op TV te sien in programme soos JAM, Kwêla, en Jukebox.
'n Verskeidenheid van kindermusiek, ligteliedjies en geestelike cd's en dvd's sal te koop wees. Pryse wissel tussen R50 en R100.
Die konsert begin 10:00. Toegang beloop slegs R50 per persoon, en daar sal kaartjies by die deur wees.
Vir meer inligting kontak Corné by die kerkkantoor (044 691 2465).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'