MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai Kunstevereniging bied op Woensdag, 28 September, 'n Baroque With a Twist musiek-konsert aan by die Dias Museum in Mosselbaai.
Die duo bestaand uit die Hollandse vioolmeester, Tim Kliphuis en die bekende Suid-Afrikaanse pianis, Charl du Plessis, lewer 'n besonderse uitvoering wat barok, klassieke gunstelinge en jazz insluit.
Besprekings vir die konsert is noodsaaklik. Kaartjies is R150 vir lede en R180 vir nie-lede. Deure open om 18:00 en die konsert begin om 19:00.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'