HARTENBOS NUUS - Optog! is op 18 April by die Skoffelskuursaal, ATKV Hartenbos, wanneer Pietman Geldenhuys en Wicus van die Merwe met hul vertoning, Kombi-Nasie, die gehoor gaan vermaak. Die vertoning begin om 19:30.
Die Optog!-inisiatief met Nataniël as die beskermheer, is die grootste enkele konserttoer waarby plaaslike musikante, sangers en akteurs betrokke is en poog om op innoverende wyse weer lewe te blaas in baie van die teaters en sale in Suid-Afrika wat met die jare nie veel meer as stof versamel het nie.
So kry gemeenskappe in alle uithoeke van die land en Namibië die geleentheid om hul kultuur te beleef.
Gaan kyk by iTickets se webwerf en bespreek vandag nog jou kaartjies vir wanneer die Optog!-bus in jou kontrei stop.
"Afrikaans.com is saam op die bus en by elke geleentheid kry jy die kans om 'n foto van jouself by ons uitstalling te neem en vir ons te vertel hoe #onmisbaar Afrikaans, Afrikaanse musiek en Afrikaanse teater vir jou is. Deel dit gerus op Afrikaans.com se sosialemedia-bladsye of stuur vir ons 'n whatsapp-boodskap/-foto by 064 652 6873. Onthou om jou naam en van waar jy is, by te voeg en onthou die hutsmerk #onmisbaar."
'Ons bring jou die nuutste Hartenbos, Tuinroete nuus'