MOSSELBAAI NUUS - Die publiek en lede van die Mosselbaai Kunstevereniging word hartlik uitgenooi na nóg 'n lekker musiekkonsert. Op Donderdag, 10 Mei, gaan die gewilde Hungarian Trio klassieke stukke soos Lord of the Dance, Beautiful Blue Danube, Jesu Joy of Man's Desiring, All I Ask of You en ander klassieke treffers aanbied.
Met Nerina von Mayer op die dwarsfluit, Donat Pellei op die basviool en Gabor Jeney op viool gaan musiekliefhebbers se harte warm klop.
Hierdie drie musikante spog met talle nasionale en internasionale musiek-toekennings en pryse.
Met hulle dekadelange ondervinding in musiekvermaak is die Hungarian Trio uiters gewild en word belangstellendes genooi om vroegtydig sitplekke te bespreek.
Die konsert vind om 19:30 by die Dias Museum plaas en deure open om 18:30.
Kaartjies teen R100 per persoon vir lede van die kunstevereniging, R120 vir nie-lede en R30 vir skoliere, kan by die deur bekom word.
Besprekings kan gemaak word by Abé Meintjes (083 268 3718), of Annette Strydom (076 857 2900).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'