MOSSELBAAI VERMAAK NUUS - Kevin Leo hou op 28 Mei 'n vertoning in die NG Kerk Hartenbos.
Die funksie begin om 18:00 en word voorafgegaan met heerlike tuisgemaakte sop en 'n verskeidenheid brode en moenie die sjerrie vergeet nie.
Dit is 'n gesamentlike fondsinsameling vir die NG Kerk en die Hartenbos-versorgingsoord.
Kevin het 'n splinternuwe program saamgestel om sy
21 jaar in die musiekbedryf te vier.
Kom kuier saam met hom om die soppotte en geniet die aand.
Kaartjies kos R90 per persoon en is verkrygbaar by die kerkkantoor (oggende) die versorgingsoord (kantoorure) of enige tyd by Heleen Coetsee (082 454 5724 of 044 695 0872).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'