MOSSELBAAI NUUS - Die immergewilde Afrikaanse sanger Jo Black is eersdaags te siene in Mosselbaai wanneer hy optree in die In Afrikaans-produksie in Hartenbos. Nie net is Jo op die verhoog saam met ander Afrikaanse grotes tydens die gala-aand nie, maar hy stel ook dan sy nuwe enkelsnit, Voel jy die Genade, bekend. Die Mossel Bay Advertiser het by Jo gaan kersopteek voor sy toer amptelik begin.
• Jy het onlangs 'n groot operasie gehad. Het dit enige verandering in jou lewensbeskouing gebring?
Mens kan nooit die lewe beheer nie, die lewe is vol verrassings en maak mens net sterker om deur die dinge te werk.
• Vir die operasie moes jy afstand van jou "handelsmerk" doen -jou baard – hoe het jy dit ervaar? Wat was jou aanhangers se reaksie?
A change is as good as a holiday. Dit was 'n vars begin weer en nou kan ek actually sien ek het 'n nek, maar ek groei hom weer terug sodat ek die dubbele ken weer eens kan wegsteek.
• Jy het 'n nuwe enkelsnit op die mark – vertel ons daarvan – wat lê daaragter?
Voel jy die Genade, ons is slegs hier deur genade, en dis net genade wat ons deur als help.
• En 'n nuwe album? Wat kan die mark verwag?
Tipies Jo Black, lekker songs met nuwe stories, en kan ook nie wag om die nuwe show vir die mense te gee nie.
• Waar draai jy oral gedurende die vakansieseisoen?
Ons doen so vinnige kustoer waar ons begin in Jefffreys, PE, Plettenbergbaai, Knysna, Kareedouw en dan sluit ons af in Hermanus waarna ons na In Afrikaans vertrek.
• Wat doen die Blacks vir Kersfees? Wat is julle tradisie(s)?
Ons doen slegs die gewone, rustige familie Kersfees.
• Watter aande tree jy op by In Afrikaans in Hartenbos?
Ek is 28 en 29 Desember by die galaproduksie.
• En Afrikaans? Hoe voel jou hart oor Afrikaans?
Ek is mal oor my taal.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'