MOSSELBAAI NUUS - 'n Baie spesiale aand is in wording. In 'n intieme en elegante lokaal gaan die voortreflike violiste Zanta Hofmeyr en Miroslav Chakaryan, saam met die immergewilde Olive Sandilands op klavier, die gehoor trakteer op 'n eksklusiewe konsert.
Omdat sitplekke beperk is tot 45, word twee konserte aangebied - een op Vrydagaand, 10 Augustus en een op Saterdagaand, 11 Augustus. Dit sal aan huis van die pianis in Mosselbaai plaasvind.
Die Mosselbaai Kunstevereniging nooi musiekliefhebbers hartlik uit om 'n glasie glühwein voor die aanvang van die konsert te kom geniet. Daarna kan die gehoor uitsien na vioolduette van José White Lafitte, Henryk Wieniawski, Pablo de Sarasate, Dmitri Shostakovich, Jean-Marie Leclair, Johan Halvorsen en Maurice Moszkowski.
Hierdie drie ongelooflik talentvolle musikante is opgewonde om hierdie vreugdevolle byeenkoms, wat slegs in Mosselbaai plaasvind, met hulle gehoor te kan deel.
Beide konserte begin om 19:30. Deure open om 19:00. Toegang is slegs met kaartjies wat voor die tyd gekoop kan word en wat by Abé Meintjes verkry kan word by WhatsApp 083 268 3718 of stuur e-pos na abemeintjes@gmail.com.
'We bring you the latest Mossel Bay, Garden Route news'