Video
GROOT BRAKRIVIER VERMAAKNUUS EN VIDEO - 'n Hip-hop groep van Groot-Brakrivier is besig om naam te maak in Suid-Afrika.
Die kunstenaars se liedjie, Find my way, word vanaand, Woensdag, 4 November op Kyknet uitgesaai.
Die hoofsanger, Major (27) het saam met Colan en Smiley opgetree, wie beide 16-jaar oud is.
Find my way is op Groot-Brakrivier opgeneem en speel af tussen Groot Brak se Pick 'n Pay en Wolwedans.
Volgens die groep is die liedjie geskryf om vroue te bemagtig.
Die liedjie is deur MajorSmurf Productions geskryf, deur Major Milo en DJ Smurf wie al lank vriende is.
Die musiekvideo is deur C.S Productions met Luc Prinsloo geskiet.
Kyk 'n verskafde video hieronder:
MajorSmurf Productions se liedjie, Find my way, word vanaand op Kyknet uitgesaai.
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'