MOSSELBAAI NUUS - Die groep Heart of Worship bied 'n groot gospelkonsert aan by die Lighthouse Assemblies of God-kerk. Die gemeenskap word uitgenooi om hierdie lofprysingsgeleentheid by te woon wat op 3 September om 16:00 gehou word.
Dans- en sanggroepe van regoor die groter-Mosselbaaistreek tree op insluitend, Blessed Hope, Prophetic Praises, Edwil McBait, Darson Hermanis en meer.
Spesiale gas George Zane Seti vermaak met sy liedere en pastoor John Laws van Heartbeat FM, tree op as programaanbieder. Die deure open 15:45.
Toegang is R30 vir volwassenes en R15 vir kinders onder 12 jaar oud. Vir navrae, kontak Eshley (061 347 1920) of e-pos heartofworship.studiosound@gmail.com.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'