MOSSELBAAI NUUS - Edwill Mcbait bied 'n geleentheid genaamd, In His Presence aan wat op 30 Junie in die Lighthouse Assembly of God gehou word.
Die geleentheid begin om 15:30. Verskillende gaskunstenaars van Mosselbaai, asook van elders tree op.
Gaskunstenaars sluit in Dillin Snel, Merilize Kritzinger, Heart of Worship, Anthony Fannie (Graaff-Reinet), Chaidon Timothy (Albertinia), Leonie Januarie (Ladismith), Carlo Abrahams (Worcester) en Eugene November (Kaapstad).
Toegang is R30 vir volwassenes en R15 vir kinders onder 17 jaar oud. "Kom en geniet die lieflike middag saam ons in die teenwoordigheid van die Here."
Vir meer inligting, kontak Edwill Mcbait (071 371 4691) of stuur WhatsApp na 084 495 7890 of Eshley Jesias (061 347 1920).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'