MOSSELBAAI NUUS - Vivaldi se Vier Seisoene moet sekerlik tel as een van die gewildste klassieke stukke van alle tye wat oor musiekspektrums en ouderdomme bekoor.
Die Mosselbaai Kunstevereniging is verheug om World Café met hulle vertolking van hierdie bekende musiek in Mosselbaai te verwelkom.
Die bekende en gewilde muskiante, Petrus de Beer (viool), Schalk Joubert (bas) en Stanislav Angelov op die trekklavier het al vir 'n rukkie die land in rep en roer oor dié vertoning wat beskryf word as "…'n volle simfonie-orkes met net drie instrumente".
Die publiek word hartlik uitgenooi om dit by te woon. Aangesien daar slegs een vertoning sal wees, sal dit wys wees om vroegtydig 'n sitplek te bespreek by Abé Meintjes (083 268 3718), of Annette Strydom (076 857 2900).
Die konsert vind plaas by die Dias Museum op Donderdag, 1 Maart om 19:30. Deure open om 18:30.
Kaartjies kos R100 elk vir lede van die kunstevereniging en R120 vir nie-lede.
Skoliere betaal slegs R30 elk. Inligting oor lidmaatskap aan die kunstevereniging kan by die konsert bekom word. Lidmaatskap kos R100 per persoon per jaar.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'