MOSSELBAAI NUUS - Die immergewilde CH2 is terug vir ‘n eenmalige vertoning in Mosselbaai.
Dié duo spog met dubbele SAMA en verskeie internasionale toekennings en hulle is reg om die gehoor te bederf met hulle spesiale kitaartegniek.
Bekend vir hulle flamenco en klassieke kitaarstukke, het Corneille Hutten-Burger en Dirkie van Staden ‘n heerlike program vir die aand wat musiektreffers soos Adagio (Rodrigo), Volare (Gypsy Kings), Fragile (Sting), Vyfster (Lloyd Ross), Music for a Found Harmonium (Simon Jeffes) en Canon in D (Pachelbell) sal insluit. Onlangs is CH2 aanvaar om in een van die wêreld se grootste biblioteke, wat Hollywood en Bollywood met musiek bedien vir A-lysfilms, opgeneem te word.
Hulle het die internasionale Lee Ritenour Yamaha World Competition for Guitar (Classical/Flamenco kategorie) ook al gewen, en beplan om hierdie jaar weer in te skryf.
Onder die vaandel van die Mosselbaai Kunstevereniging, vind die konsert op Donderdag, 22 Maart by die Dias Museum plaas. Dit begin om 19:30 en deure open om 18:30. Kaartjies kos R100 vir lede van die vereniging, R120 vir nie-lede en R30 vir skoliere.
Almal is welkom maar, om teleurstelling te voorkom, word dit sterk aanbeveel dat kaartjies vooruit bespreek word by Abé Meintjes (083 268 3718) of Annette Strydom (076 857 2900).
Lidmaatskap van die vereniging kan by die konsert bekom word teen R100 per persoon vir die jaar.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'