KLEIN-BRAKRIVIER NUUS - Die liedjieskrywer en sangeres, Petronel Baard, en kie hou ’n skemersoirée by Salty River Beerhouse in Klein-Brakrivier hierdie Saterdag, 7 Junie.
Sy, die sanger Anton Bouwer en sy musiekvriend van baie jare, JP van der Merwe, gaan vermaak met hulle ‘pragtige, allerlei lekker vertoning’, Musiek vol seisoene, sê Petronel.
Franco Engelbrecht sal klavier speel.
“Kom kuier saam oor heerlike pizza, boetiekdrankies en die mooiste sonsondergang in die geweste oor die musiek van Roger Whittaker, Nana Mouskouri, Andrea Bocelli en meer,” nooi Petronel.
Die konsert begin om 18:00. Vir kaartjiekostes en besprekings (noodsaaklik), skakel Chris by 082 713 5082.
JP van der Merwe
Franco Engelbrecht
Anton Bouwer
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’