MOSSELBAAI VERMAAK NUUS - Noël-Jean Creille sal op Vrydag, 5 Oktober om 13:00 'n orreluitvoering in die NG Kerk, Langstraat op Groot-Brakrivier aanbied.
By die geleentheid sal werke van Handel, Bach, Mozart. Guilmant, Dupré, Jan Zwart, William Walton en Boëllmann gehoor kan word. Creille is goed bekend aan mense van die streek nadat hy etlike jare die befaamde orrelis van die NG Kerk op Calitzdorp was.
Creille het verskeie doktorsgrade in musiek, kerkgeskiedenis en teologie verwerf. Hy het sy studies in orrel, sang, klavier en komposisie aan die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein begin en later meesterklasse by die beroemde orrelis, Marié-Claire Alain, aan die Sorbonne in Parys, Frankryk, voltooi.
Sy doktorale studie en navorsing het gehandel oor die orrelboukunde van die Oostenryker, Arp Schnitger en sy tydgenote.
Hy is in 2004 georden en bedien tans die Anglikaanse gemeente van Port Alfred asook die Aartsdekenry van Albanië.
Dit is die vyfde agtereenvolgende jaar wat Creille op Groot-Brakrivier gehoor kan word en hy speel ook Sondag, 7 Oktober tydens die kerk se erediens wat sterk op musiek gerig sal wees.
Vir meer inligting, skakel 044 620 2205 of stuur 'n e-pos aan: ngkgbr@mweb.co.za
Noël-Jean Creille hou weer sy orreluitvoering in Groot-Brakrivier.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'