MOSSELBAAI NUUS - Sjef Julien van Niekerk en die personeel van die Bravo Lounge het die gildelede en hulle gaste hartlik op Donderdag, 7 September by die Garden Route Casino ontvang. Tydens hierdie geleentheid is watertandgeregte, vars en lig, gedemonstreer om die koms van die lente te vier.
Die geregte wat gedemonstreer is, was die heerlike vars en ligte spanspek-sjerrie-en-room-gaspacho.
Daarna het die ewe indrukwekkende wildsvleis-carpaccio, aarbei- en balsamiese asyn-slaai en beeshaas-tartar gevolg. Die demonstrasie is afgesluit met 'n smelt-in-die-mond grenadella-meringue-roulade.
Die wyn wat geproe is, was van die Haute Cabrière-reeks en die wynpasproe is op 'n besondere wyse aangebied deur Linkie McLachlan.
Die Belle Rose MCC, Tranquille, Chardonnay Pinot Noir en Pinot Noir Reserve het die geregte voortreflik gekomplimenteer. Die gildelede was dit eens dat dit 'n aangename oggend was waartydens baie beleef en geleer is.
Die grenadella-meringue-roulade waarmee die demonstrasie afgesluit het was ' n treffer.
Die heerlike wildsvleis-carpaccio wat Sjef Julien gedemonstreer het.
Foto's: Tersia Marais
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'